WiskundeToetse.co.za

Wiskunde vraestelle

Wiskunde vraestelle vir laerskool

Hoe ’n wiskunde vraestel opgebou is, waar die punte lê, en watter onderwerpe elke jaar weer opduik — uit werklike Graad 4 tot 7 vraestelle.

Hoe ’n laerskool wiskunde vraestel opgebou is

Tot Graad 6 word wiskunde in een sitting geskryf. Die vraestel begin met meerkeusevrae, gaan oor na berekeninge waar die werk gewys moet word, en sluit met woordsomme of ’n probleem wat ’n paar stappe verg.

Die eerste afdeling lyk die maklikste en dra dikwels die meeste punte. ’n Kind wat daar haastig werk, verloor punte wat sy eintlik ken.

Graad 7 se twee vraestelle

In Graad 7 word wiskunde in twee vraestelle van vyftig punte elk geskryf:

Die afdelings se punte is opvallend konstant: omtrek en oppervlakte tel gewoonlik elf, buite-oppervlakte en volume agt, en konstruksies, sirkels en transformasies elk ses. ’n Kind wat sirkels oorslaan, laat ses punte lê.

Onderwerpe wat elke jaar weer kom

Uit die vraestelle wat ons gelees het, is dit die werk wat die meeste herhaal:

Wat dit vir oefening beteken

’n Kind kan nie alles hersien nie. Dit help om te weet wat herhaaldelik gevra word. Ons oefening is presies daarop gebou: ons het die vraestelle gelees, gekyk waar die punte lê, en die somme daarvolgens geskryf.

Die getalle verander elke keer, so dieselfde onderwerp kan tien keer geoefen word sonder dat ’n kind die antwoord uit die kop leer.

Oefen per graad

Sien ook waar om ou wiskunde eksamenvraestelle te kry.

DeelKoop Toetse